Ons is baie trots op twee van ons oud-Jannies wat skitterend tydens hierdie jaar se nasionale senior ATKV-Afrikaansolimpiade gevaar het!

Stella Malan behaal ‘n gesamentlike 4de plek in die Wes-Kaap en 7de in Suid-Afrika en Mari Swanepoel die gesamentlike  7de plek in die provinsie en 11de in die land.

Dit is ‘n ongelooflike prestasie vir ‘n baie uitdagende eksamen waaraan duisende hoërskoolleerders regoor Suid-Afrika deelneem.

Ons harte loop oor van trots! Welgedaan, Jannies.