Daar lê ’n bedrywige en opwindende tyd vir ons senior koor voor, en ek wil graag enkele belangrike datums en tye onder almal se aandag bring. 

 Dinsdag, 16 Julie: Kooroefening 12h40-14h10 
Ons senior kooroefening gaan Dinsdag, 16 Julie, voort soos normaal ter voorbereiding van ons optrede op 22 Julie by die Tafelberg Koorfees. Alhoewel daar ouerbesoeke is en die skool reeds om 13h00 verdaag, versoek ons asseblief dat alle senior koorlede die volle oefening bywoon. Indien daar broers of susters is wie nie koor sing nie, is hulle welkom om by die Nasorg te wag tot 14h10. 

 Saterdag: 20 Julie: Koorkamp 10h00 – 12h30 
Ons reël ‘n lekker oefen en spanbou geleentheid vir die senior koorlede, waar ons spesifiek gaan fokus op die voorbereiding en afronding van ons repertorium en die massakooritmes vir die Tafelberg Koorfees. Volg asseblief hierdie skakel vir meer inligting.

Maandag: 22 Julie: Tafelberg Koorfees 18h00 
Ons junior en senior kore neem deel aan die Tafelberg Koorfees, en ons kan nie wag om ons nuwe repertorium met almal te deel nie. Verdere inligting rakende hierdie geleentheid sal binnekort uitgestuur word. 

Ek vra dat enige afwesighede van hierdie drie geleenthede asseblief persoonlik aan my gekommunikeer word. Ons wil graag ’n positiewe ervaring tydens ons koor se eerste groot optrede hierdie jaar verseker, en hoop dat ons met ’n volledige koor kan werk by al ons oefen geleenthede. 

Baie dankie by voorbaat vir almal se samewerking. Ons waardeer dit opreg. 

Groete,
Rolene van Zyl
rolene@jvrprim.co.za