Dit spyt ons om julle mee te deel dat Suzaan Coetzee vroeër die kwartaal haar bedanking ingedien het. Sy verlaat ons aan die einde van die kwartaal. Ons beste wense vergesel Suzaan op haar nuwe reis en mag sy haar nuwe werk terdeë geniet.

Megan Zondagh gaan haar pos oorneem en sal van volgende kwartaal af die kontakpersoon wees vir navrae i.v.m. kommunikasie, inteken-probleme en Jan Kas.

Ons is verder in die proses om onderhoude te voer om ‘n nuwe persoon in Megan se plek vir die biblioteek- en digitale geletterdheid-vak aan te stel.