Johan Symington (graad 5) is ‘n junior lid van Tafelberg Tak se SA Jag- en Wildbewaringvereniging. Behalwe vir jag en bewaring, neem die sowat 700 lede van die tak ook gereeld aan jaggebaseerde skyfskietkompetisies deel. Johan het hierdie jaar algeheel 2de onder al die skuts (junior en senior) geëindig in die sogenoemde “jakkals tabel” kompetisie. Die skuts skiet uit die lê posisie (“prone”)  5 skote op 300m na ‘n jakkalsteiken. Johan het 4 uit sy 5 skote in die “bullseye”, die Jakkals se “hart”,  geskiet en dis die eerste keer in die tak se geskiendenis dat so ‘n jong skut onder die top 3 algeheel eindig. Baie geluk, Johan!