Ons het nie van ons Gr.1 – 3 leerders vergeet nie en gaan vir hulle ‘n effens aangepaste sportprogram laat volg. Hulle normale sportprogam eindig op Donderdag, 17 Junie. Die eksamenprogram se sportsessies vind vanaf 13:00 tot 14:00 plaas. Dit is nie verpligtend nie en die klasonderwysers gaan nie as afrigters optree nie. Vir die twee eksamenweke (21 Junie tot 1 Julie) gaan dit hoofsaaklik buiteafrigters wees wat hierdie sessies behartig.

Ons vra dus dat ouers asb. die skakel sal volg om die Google Form te voltooi om hulle kinders vir die sessies in te skryf. Ons benodig die getalle om voldoende beplanning te doen om te verseker dat ons genoeg afrigters reël: