Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Vrydag, 12 Julie 2019 Landloop: Wedloop 7

Dinsdag, 16 Julie 2019 Akademiese komitee vergadering 17:30

Woensdag, 17 Julie 2019 Amesa 2de Rondte. Gr.4-7

Woensdag, 17 Julie 2019 Netbal: Liga wedstryde

Woensdag, 17 Julie 2019 Rugby: Liga vs. Century City (weg)

Donderdag, 18 Julie 2019 Gr.6 Lead4Life

Donderdag, 18 Julie 2019 Madiba-dag

Donderdag, 18 Julie 2019 Toets: Gr.7 Afrikaans

Vrydag, 19 Julie 2019 Gr.7 Lead4Life

Vrydag, 19 Julie 2019 Quiz-aand

Vrydag, 19 Julie 2019 Landloop: Wedloop 8 (Zwaanswyk Academy, 338 Main Rd, Retreat)

Vrydag, 19 Julie 2019 Toets: Gr. 4 & 6 Engels

Vrydag, 19 Julie 2019 Toets: Gr.5 Afrikaans

Saterdag, 20 Julie 2019 Toernooi: Fanie Theron Mini Rugby & Netbal: O/7 – O/9, WEG (Fanie Theron Primary School, Krige St & Bosman St, Kraaifontein)

Saterdag, 20 Julie 2019 Skaak: Distrikproewe O/13 gemengde span (Star College, Tarentaal road, Bridgetown)

Maandag, 22 Julie 2019 Ischke Felix (Juffrou) verjaar

Woensdag, 24 Julie 2019 Rugby & Netbal: Liga wedstryde

Vrydag, 26 Julie 2019 Landloop: Circuit Champs (Sun Valley Primary School, Brigantine Ave, Sun Valley)

Vrydag, 26 Julie 2019 Toets: Gr.5 & 7 Engels

Vrydag, 26 Julie 2019 Toets: Gr.4 & 6 Afrikaans

Vrydag, 26 Julie 2019 Sivvies

Saterdag, 27 Julie 2019 Eisteddfod Blokfluit

Saterdag, 27 Julie 2019 Deon Pieterse (Onderwyser) verjaar

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Ons hoop almal het lekker vakansie gehou en is lekker uitgerus en vol energie vir ons konsert!

Dié van julle wat nog nie gesien het hoe mooi ons badkamers lyk nie, kan gerus kom kyk!

Een van die dae gaan ons hele skool nuwe LED ligte hê en ons saal het ook gedurende die vakansie nuwe klank en beligting gekry.

Ons nasorgsentrum word tans herstel en behoort teen einde volgende week pragtig te lyk.

Die gedeelte buite die snoepie is amper voltooi en met die nuwe seile en hout sal dit ‘n wonderlike en lekker beskutte kuierplek wees… veral vir ouers wat vir hul kinders moet wag met ons konsert wat voorlê.

Ons volgende projek is om die ingange by ons skool te verbeter … dit alles te danke aan die Trust wat ons in 2011 gestig het en natuurlik die geld wat ons met ons veiling gemaak het!

---

NUUTSTE NUUS

Daar is nog enkele plekke aan 1 of 2 tafels beskikbaar vir die quiz aand op 19 Julie om 19:00. Skakel gerus vir Karien Zulch as jy wil deelneem en by een van hierdie tafels wil inval.

Karien Zulch: 034450980 / Karien@zulch.co

Ons neem hierdie jaar weer aan die Wow-Spelkompetisie deel.

Binne die volgende twee weke gaan die beste spellers in elke graad gekies word om ons skool te verteenwoordig by die kringkompetisie. Die kinders moet die woorde kan skryf en klank. Die verkose kinders sal briewe ontvang met meer inligting.

Die datums is as volg:

Kringkompetisie -15 Augustus (by Laerskool Jan van Riebeeck)

Distrikkompetisie – 24 AugustusProvinsiale Kompetisie – 7 September

Nasionale Kompetisie – 19 Oktober

Volg die skakel vir die spellyste en addisionele inligting oor die kompetisie. Lekker spel!

https://woordfees.co.za/inhoud/wow/spel-2019-vorms

Vanaf volgende week (15 Julie) sal die hoërskooltutors weer op ‘n Maandag, Woensdag en Donderdag direk na skool (14:15) ekstra huiswerkklasse aan ons leerders gratis voorsien. Indien jou kind weer van die diens gebruik wil maak of indien sy/hy nou wil begin, moet jy asseblief vir Marinda Brink marinda@jvrprim.co.za daaroor kontak. Leerders meld by Marinda se kantoor aan. Hierdie diens is ‘n voorreg en ekstra geleentheid, so dit sal gaaf wees indien ons leerders van hul klas sal onthou en betyds opdaag.

---

VERDERE NUUS

ALGEMEEN

Sima Ngwenya, ‘n oud-leerder van ons skool, het die Kaapstad Netbal verteenwoordig by die Wes-Kaap Interdistrik Toernooi. Baie geluk Sima! (Sy is die dogter van George, ons opsigter by Huppelland)

SPORT

Laerskool Prestwich het ‘n splinternuwe veeldoelige sportveld van kunsgras gekry. Om dit te open, het Laerskool Jan van Riebeeck gister, 11 Julie, hulle sokkerdag bygewoon. Ons Gr.6’e het die dag bygewoon en ons het twee Gr.6 seunspanne en een dogterspan gehad wat deelgeneem het aan die sokkerwedstryde. Mnr. Muller het as spanbestuurder opgetree en die spanne voorberei en spelers van ‘n sokkerklub uit die Paarl het ons spanne op die dag ‘n paar wenke kom gee. Daar was verskeie belangrike gaste, insluitend mnr. Oosthuizen wat ook die dag bygewoon het. Dit was ‘n besonderse dag vir die leerders van Prestwich, aangesien baie van die leerders nie gras by hul huise het nie en daar nie voorheen enige velde op die skoolterrein was nie. Alhoewel al ons spanne verloor het, was dit ‘n wonderlike dag vir ons leerders om met die leerders van Prestwich te skakel.

Prestwich word gesubsidieer om vir 77 leerders elke dag kos te voorsien. Daar daag egter elke dag 105 leerders op. Met Mandela-Dag om die draai, kan ons ‘n groot bydrae vir hulle lewer. Kliek HIER om te sien watter bydrae jy kan lewer.

Mia Symington het tydens die skoolvakansie aan die Wes-Kaap Interdistrik Toernooi in Wellington deelgeneem. Sy was deel van die O/11 Dolfyne span wat Kaapstad Laerskole Netbal (ou WP netbal) verteenwoordig het. Sy was die span se hoofdoel en het uitstekend gedoel. Hulle span het algeheel 4de geeïndig. Ongelukkig slegs 1 punt te min om ‘n brons medalje te verower. Ons is ongelooflik trots op haar en wens haar alle sterkte toe vir die toekoms!

Petrus (Gr.4) en Louis (Gr.2) Bosman het die afgelope vakansie aan die SA Skole Individuele Skaak Kampioenskappe in Kimberley deelgeneem, albei as deel van die Wes-Kaap span. Dit was die laaste been hierdie jaar van die reeks toernooie wat met die distrik proewe in Februarie begin het. Louis het met 3 uit 7 punte 14de geëindig. Petrus het met 6 uit 7 punte 2de geëindig. Petrus is gekies om volgende jaar Suid Afrika te verteenwoordig by die Wêreld Skole Individuele Skaak Kampioenskappe in Peru, Suid-Amerika, sowel as die Afrika Skole Individuele Skaak Kampioenskappe. Baie geluk aan beide broers, dit is uitstekende prestasies!!!!Ons is sommer BAIE trots op julle!

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

“It is impossible to live without failing at something, unless you live so cautiously that you might as well not have lived at all.”

– J.K.Rowling

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209