Laerskool Prestwich het ‘n splinternuwe veeldoelige sportveld van kunsgras gekry. Om dit te open, het Laerskool Jan van Riebeeck gister, 11 Julie, hulle sokkerdag bygewoon. Ons Gr.6’e het die dag bygewoon en ons het twee Gr.6 seunspanne en een dogterspan gehad wat deelgeneem het aan die sokkerwedstryde. Mnr. Muller het as spanbestuurder opgetree en die spanne voorberei en spelers van ‘n sokkerklub uit die Paarl het ons spanne op die dag ‘n paar wenke kom gee. Daar was verskeie belangrike gaste, insluitend mnr. Oosthuizen wat ook die dag bygewoon het. Dit was ‘n besonderse dag vir die leerders van Prestwich, aangesien baie van die leerders nie gras by hul huise het nie en daar nie voorheen enige velde op die skoolterrein was nie. Alhoewel al ons spanne verloor het, was dit ‘n wonderlike dag vir ons leerders om met die leerders van Prestwich te skakel.

Prestwich word gesubsidieer om vir 77 leerders elke dag kos te voorsien. Daar daag egter elke dag 105 leerders op. Met Mandela-Dag om die draai, kan ons ‘n groot bydrae vir hulle lewer. Kliek HIER om te sien watter bydrae jy kan lewer.