Baie geluk aan Mieke Hertzog wat ‘n tweede plek in die Wes-Kaap behaal het en dus aan die nasionale ronde van die ATKV redenaars gaan deelneem. Ons hou vir haar styf duim vas! Baie geluk met hierdie uitsonderlike prestasie.

Nog twee leerders wat baie goed gevaar het:

Liezel Snijders – vierde plek in die Wes-Kaap
Armand Meyer – agste plek in die Wes-Kaap

Weereens baie geluk en dankie vir almal se harde werk!