Geen leerder mag na skool of selfs voor skool die terrein sonder ‘n onderwyser en/of ouer se toestemming verlaat nie. As ‘n leerder om een of ander rede ‘n bussie na byvoorbeeld die Conradieveld of hoërskoolveld gemis het, moet hy of sy by die nasorgsentrum gaan wag totdat hul ouers hul daar kom haal. Ouers kan ook vanaf Adri se kantoor gekontak word. Sy is in haar kantoor tot 15:15 en die nasorgsentrum is oop tot 17:15. Leerders wat op ander velde rugby, hokkie, landloop of krieket oefen, moet sorg dat hulle weer met die bussie na die skool terugry, tensy daar met hul ouers gereël is dat iemand hulle by die spesifieke veld sal kom haal. Dit moet dan met die spesifieke afrigter vooraf gereël word, anders sal die leerder teruggeneem word skool toe.