Dit het onder ons aandag gekom dat ‘n aaklige ramp verlede naweek vir Khayelitsha getref het. Ongeveer 1300 mense het hul huise en alles daarin op Saterdag, 20 Oktober, in ‘n verwoestende brand verloor. Ons as Jannies wil graag vir die laaste keer hierdie jaar hande vat om ‘n verskil te maak.

Ons versoek dus dat elke klas ‘n Omgeepakkie sal saamstel. Hierdie pakkie sal ten minste een familie uithelp met hul basiese behoeftes. Elke leerder in die klas hoef net een of twee items te bring. Die klasonderwyser sal ‘n item aan die leerder allokeer. Alle items moet asseblief teen 1 November by die skool wees. Kom ons vat hande vir die laaste keer in 2018 en maak ‘n reuse verskil!