Oupa- en Ouma- dag is om die draai en ons Jannies is sommer baie opgewonde om al die Oupas en Oumas heerlik te bederf. Die lekker oggend van plesier vind 7 September om 10:00 in ons skoolsaal plaas. Kaartjies sal vanaf 1 Augustus te koop wees op die Karri Toep*. Die kaartjies beloop R100 per persoon. Daar is ook ‘n R140 opsie wat ‘n bossie blomme vir ouma insluit! Spring gou, kaartjies is beperk.

*Die Karri Toep is ‘n maklike en vinnige manier om betalings aan die skool te maak. Indien jy nog nie die toep afgelaai het nie sal jy op 1 Augustus ‘n uitnodiging per sms ontvang en kan dan die betaling maak deur op die skakel in die sms te kliek. Indien jy nie belangstel om Oupa- en Ouma- dag by te woon nie, kan jy slegs die uitnodiging “dismiss”.