Ons herinner aan die Trivia-aand wat op 3 Augustus om 19:00 in die skoolsaal plaasvind.

Daar is 10 mense aan ‘n tafel wat as ‘n span deelneem. Indien jy graag wil deelneem of dalk ‘n volle span wil inskryf, kontak gerus vir Karien Zulch by 083 445 0980 of karienzulch@gmail.com. Daar is reeds 19 tafels bespreek – waar daar nog plek aan van die tafels vir individue beskikbaar is.
Die koste beloop R150 per persoon.
Daar is lekker pryse te wen, asook die vooruitsig om met die louere weg te stap as die skool se slimstes.
Die onderwysers het 2 spanne ingeskryf, so die kompetisie gaan straf wees!

Die OOV sien uit om ons ouers en onderwysers by hierdie sosiale geleentheid te verwelkom.
Vriendelike groete
Karien Zulch