Baie geluk aan Daniel Kukard in graad 3 wat Jannie van die Week is. Dankie dat jy so fluks herwin – hou so aan. Geniet die R100 Col’Cacchios geskenkbewys.

Eco-Bricks

Volgende Woensdag 25 April, moet alle eco-bricks skool toe gebring word.
Daar sal vir elke klas ‘n geallokeerde area langs die depot wees.
Pak julle bakstene netjies langs mekaar in klasverband, sodat ons maklik kan sien watter klas die wenner is.
Die wenklas kan Woensdag 2 Mei, sivvies dra en sal ook elk ‘n prys ontvang.
Vir meer inligting oor eco-briks, lees gerus die akwarium se webblad inset hieroor:
https://www.aquarium.co.za/blog/entry/how-to-make-ecobricks-reducing-waste-at-home