As gevolg van die waterkrisis tref ons ‘n tydelike reëling om watergebruik te verminder tydens die was van wasgoed. Slegs leerders wat na skool aan sport deelneem mag op Maandae, Woensdae en Donderdae met hul sportklere skool toe kom. Dinsdae en Vrydae moet alle leerders met skooldrag skool bywoon. Sportklere sal op hierdie dae na skool (soos tans die reëling is) aangetrek word. Leerders wat op ‘n Dinsdag of Vrydag LO het, mag met die korrekte LO-drag skool toe kom.