Kategorie: Verlore Goedere

Sien hier onder die proses wat met verlore goedere by die skool gevolg word. Die skool kan ongelukkig nie vir swak-, verkeerdelik of ongemerkte items verantwoordelik gehou word nie. Ons poog wel om gemerkte verlore goedere, so spoedig moontlik aan hul eienaars terug te besorg.

Proses:

  • Alle verlore goedere word deur juf. Heléne hanteer.
  • Sy sorg dat gemerkte items weer aan hul eienaars terugbesorg word.
  • Leerders het twee weke kans om hul ongemerkte goedere by juffrou Heléne te gaan soek.
  • Aan die einde van elke tweede week, word alle swak / verkeerdelik gemerkte / ongemerkte items wat oorgebly het, by die verlore goedere-uitstalling beskikbaar gestel.
  • Alle items wat nie op die dag van die uitstalling geëis word nie, word geskenk.
  • Ongelukkig hoop verlore goedere verskriklik vinnig op. Indien die verlore item nie opgespoor word nie, is ouers welkom om ‘n e-pos na helene@jvrprim.co.za te stuur.

Verlore Goedere Nuusbrokkies

Verlore goedere: Nuwe Reëlings

Daar is soveel aspekte van Jannie-wees, maar een wat uitstaan, is om ons skooldrag en persoonlike besittings so goed moontlik op te pas. Verlore goedere bly ‘n onnodige kopseer vir Jannies. As ons die skool se waardes regtig wil eerbiedig, moet ons eerlik met onsself wees en bewus word van ons verantwoordelikheid om na ons besittings om te sien. Ons moet respek vir onsself en ons besittings hê sodat ons skool nie nodig het om verlore goedere te bestuur nie. Wanneer ons iets sien rondlê wat aan iemand anders behoort, is dit die regte ding om dit aan die persoon te oorhandig. Op hierdie manier gee ons vir mekaar om. Jannie-wees is maklik, want ons elkeen kyk na ons eie besittings. Hoe gaan verlore goedere van nou af hanteer word? Verlore goedere wat gemerk is, gaan 2 keer ‘n week aan leerders uitgedeel word. Goedere wat nie gemerk is nie, sal vir 1 week in juf. Helene (gr.1S) se klas beskikbaar wees. Leerders of ouers kan dit onder toesig daar kom soek. Iemand sal tot 15:00 in die middae in haar klas beskikbaar wees.  Goedere wat na ‘n week nie afgehaal is nie, sal verwyder word en as tweedehandse items verkoop word.  Maak asseblief seker jou kind se items is alles duidelik...