Kategorie: Algemeen
Ons wil baie graag weer vanjaar Kaapstad se Lion’s Club ondersteun deur paaseiers vir minderbevoorregte kinders in te samel. Dit sal wonderlik wees as elke leerder minstens een paaseier vir ons kan bring en dit in die emmer wat in Adri se kantoor staan, kan plaas. Hulle verkies die eiers wat die malvalekker aan die binnekant van die sjokolade het soos op die prentjie. Dit kom ook in ‘n string van vier of in verpakkings van 24 en meer.Enige donasies word opreg waardeer!
Liewe Ouers,
Hou asb 6 Junie 2026 oop vir hierdie jaar se Laerskool JvR Opvoedingstrust Veiling, wat by die Mount Nelson sal plaasvind.
Ons soek graag skenkings vir ons lotte. Enige ouers wat kan help met drank, vakansiehuise, jagritte, kuns, juwele, spa-ervarings, ens. word vriendelik versoek om Anna Blackmore op 083 386 4057 te kontak.
Enige bydrae word opreg waardeer.
-
Oloff Sieberhagen
-
Sybil Müller (Tesourier).
‘n Ouer van ‘n leerder van ons skool, wie se naam op die kieserslys van die skool is, mag enige ander ouer van ‘n leerder wat die skool bywoon wie se naam op die keiserslys van die skool is benoem, of sodanige ouer se benoeming sekondeer, deur ‘n voltooide benoemingsvorm teen nie later nie as 04 Februarie 2026 teen 12:00 by die skool af te lewer. Benoemingsvorms is by ontvangs (Adri) beskikbaar.
‘n Aanlyn verkiesing (VotingCrowd) sal op Maandag, 16 Februarie 2026, vanaf 06:00 – 18:00 gehou word, indien daar meer as die twee bogenoemde kandidate genomineer word.
Sien asseblief die kennisgewing van die aanlyn tussenverkiesing hier onder. Meer inligting rakende die tussenverkiesing sal volg.
Baie dankie vir jul aandag.
Ons verwelkom hierdie jaar drie nuwe grondslagfase onderwyseresse!
Ons het vir hulle die volgende vrae gevra:
1. Het jy voorheen skool gehou? Indien wel, waar?
2. Wat doen jy graag in jou aftyd?
3. Wat is jou gunstelingkos/-dis?
4. As jy met ‘n bekende persoon kan kuier, wie sal dit wees?
5. As jy ‘n superpower gehad het, wat sou dit wees?
6. As jy die Lotto wen…
Kom ons kyk ‘n bietjie wat sê hulle…

Ons sien uit om saam as ouers, voogde en onderwysers volgende week Donderdagaand, 22 Januarie, te kuier.
Oudergewoonte sal Stan van Boulevard 82 se “Food truck” weer na afloop van die inligtingsessie in die saal (rondom 20:00) regstaan met voorafbestelde etes wat op Karri beskikbaar is. Daar sal ook ’n tafel wees om jou dors te les. (Slegs SnapScan en Yoco)
Alle kosbestellings moet teen Dinsdag om 13:00 op Karri geplaas word. Geen kos sal sonder voorafbestelling verkoop word nie. Karri-bestellings maak vandag oop.
Die ete-opsies:
-
Falafel vegetarieseburger met skyfies – R130
-
Karringmelkhoenderburger met skyfies – R155
-
Kaasbeefburger met skyfies – R165
-
Salm “Poke Bowl” – R175
Die koskaartjies sal by die registeronderwyser in die kind se klas wees deur wie die kosbestelling geplaas is. Dit kan op die aand tydens die klasvergaderings afgehaal word.

Om by ‘n nuwe skool betrokke te raak, verg soms kophou om belangrike inligting nie mis te loop nie. Ons help graag deur hierdie kort opsomming as induksie te gebruik totdat jy vertroud is met die kalender, weeklikse nuusbrief en al die ander doen en late van ons skool.
Die doel hiermee is nie om enige ander dokument te vervang nie, maar eerder om onnodige angs en onsekerhede uit die weg te ruim.
Sien belangrike datums en kontakbesonderhede hier onder:
Inligting rakende bedrywighede aan nuwe ouers 2026
Belangrike Datums
oktober 2026
november 2026
desember 2026
januarie 2027
februarie 2027
maart 2027
april 2027
mei 2027
junie 2027
julie 2027
augustus 2027
september 2027






