Kategorie: DInK-slim

DInK-slim | Digitaal · Inligting · Kuberruim

Kunsmatige Intelligensie en Skoolwerk: Kortpad na Sukses of Verlore Leerproses?

Kunsmatige Intelligensie (KI) is besig om ’n alledaagse hulpmiddel in ons lewens te word en baie ouers moedig hul kinders aan om KI te gebruik om hul huiswerk of take mee te voltooi. Met net ’n paar klikke kan kinders komplekse vrae beantwoord, opstelle skryf en selfs wiskundeprobleme oplos. Is hierdie tegnologiese vooruitgang ’n waardevolle hulpmiddel of hou dit ook ’n risiko vir werklike leer en breinontwikkeling in?

Lees Verder

Kinders en Slimfone: Besluit met insig

Op watter ouderdom kan my kind ‘n slimfoon kry?
Wat is die effek van slimfoongebruik op kinders en wat is die voor- en nadele daarvan om ‘n foon op ‘n jong ouderdom te hê?
In hierdie DInK-slim artikel verken ons die voor- en nadele daarvan om kinders met slimfone toe te rus en bied ons nuttige wenke sodat ouers ingeligte besluite oor hierdie belangrike kwessie kan neem.

Lees Verder

Hoe lyk my kind se digitale voetspoor en waarom maak dit saak?

In die digitale era is die internet diep verweef in ons daaglikse bestaan, insluitend die lewe van ons kinders wat in hierdie hoogs gekonnekteerde wêreld grootword.

Net soos volwassenes, laat kinders ook ‘n digitale voetspoor soos hulle sosiale media, aanlyn speletjies, opvoedkundige platforms en verskeie ander toepassings gebruik.

Hul digitale voetspoor is ‘n rekord van al hul aanlyn aktiwiteite en dit is belangrik dat beide kinders en hul ouers die implikasies hiervan verstaan.

In hierdie artikel kyk ons hoe ouers hul kinders van digitale voetspore kan leer, hulle kan help om verantwoordelike aanlyn gedrag te ontwikkel en om hul privaatheid en toekomstige geleenthede te beskerm.

Lees Verder

DInK-slim: Riglyne vir ‘n Digitale Wêreld

  Digitale tegnologie, inligting en die kuberruim. Is jy Slim Jan of Bang Jan, of nog erger, Dooie Jan? 1. Konteks In ‘n wêreld en samelewing wat toenemend tegnologie-geörienteerd raak, het bevoegdhede soos digitale geletterdheid, digitale vaardighede en digitale gereedheid belangrike vereistes vir die toekomsgereedheid van individue geword. By Laerskool Jan van Riebeeck volg ons ‘n 70:30 benadering tot leer en onderrig , met 70 persent fokus op tradisionele metodiek en 30 persent fokus op die gebruik van moderne tegnologie om leer en onderrig te ondersteun. Tegnologie ontwikkel teen ‘n eksponensiële tempo en die stadige pas waarteen individue vir...

Lees Verder
Loading