Kategorie: Jannies Gesprekke

Jannies Gesprekke

Verstaan ADHD: ‘n Gids vir ouers

ADHD word as een van die mees algemene neurodiverse uitdagings beskou. Dit kom in kinders en volwassenes voor en word die meeste van die tyd verkeerd verstaan. Heelwat ouers dink steeds dat ADHD net oor ’n kind se konsentrasie gaan, maar navorsing oor jare heen bewys dat dit baie meer kompleks is.

Sien die volledige gids wat ouers en opvoeders help om ADHD beter te verstaan, vroeër te identifiseer en uiteindelik hoe om ons kinders met selfvertroue en deernis te ondersteun.

Alle dank en eer aan Goldilocks and The Bear Foundation wat hierdie inligting met ons deel.

Lees Verder

Zen Den-gesels | Gr. 1: Liewe ma en pa, onthou, jou kind is nie jý nie

So op die drumpel van jou graad 1-kind se skoolloopbaan ervaar jy as ‘n ouer baie emosies. Jy besef jou kind word groot en al hoe meer mense word deel van haar wêreld: vriende, onderwysers, die skoolgemeenskap, dalk terapeute en meer. Ons weet mos dat dit ‘n hele gemeenskap verg om ‘n emosioneel sterk en gebalanseerde kind die grootmenswêreld in te stuur. Wanneer ons kinders die “groot skool” betree, word ons “beheer” oor hul doen en late algaande minder.

Lees Verder

In die land van KI is jou brein koning!

In die land van KI is jou brein koning en dit is hoe dit hoort.

Laerskool Jan van Riebeeck se KI-beleid word tans geïmplementeer. Die doel van die beleid is om te verseker dat KI-hulpmiddels op ‘n verantwoordelike, etiese en veilige manier gebruik word om onderrig te ondersteun, maar ook om te voorkom dat leerders se kognitiewe funksies, leerprosesse en ontwikkeling bloot na KI gedelegeer word en sodoende ondermyn word.

Met hierdie konteks in gedagte, het ons in ‘n kort video opname vir ‘n paar Jannies, onvoorbereid, gevra waarom hulle skool toe kom, en vir ‘n paar ouers, waarom hulle hul kinders skool toe stuur.

Kom luister wat die Jannies sê, verstaan die potensieel negatiewe impak van KI op leer en vergewis jouself van die skool se KI-beleid.

Lees Verder

Uitvoerende funksies

Het jy al ooit van Uitvoerende funksies (Executive functioning) gehoor?

Of jy nou bekend is met terminologie soos neurotipies, neurodivers, sensories sensitief of -soekend – ons almal moet die verskillende uitvoerende funksies baasraak om effektiewe kognitiewe ontwikkeling moontlik te maak.

Lees Verder
Loading