Kategorie: Dapper Stappers

Jannies@dapperstappers is 'n stapklub wat in 2011 gestig is. Die hoofdoel van die stapklub is om ons graad ses en sewe leerders bloot te stel aan die pragtige natuurlewe in en om die Kaapse skiereiland, maar die klub bied ook 'n goeie geleentheid vir ons leerders en hulle gesinne, om op 'n ontspanne manier, 'n aktiewe dag in die buitelug te spandeer.

Ons stap een keer per kwartaal op 'n Saterdagoggend 'n bepaalde staproete en die afstand-en moeilikheidsgraad wissel, maar daar is 'n groot verskeidenheid wonderlike staproetes in die Kaap waarvan gebruik gemaak kan word.

Dapper Stappers Nuus

Jantrap: 27 September 2025

Kom trap saam in die mooiste wynlandskap op die 27ste September by Meerendal. Kies tussen ‘n 5km en 10km roete. Almal is welkom. Meer inligting op die WhatsApp-groep.   Sluit hier aan: Jantrap: WhatsApp-Groep...

Dapper Stappers Dagboek

oktober

No Events

november

No Events

[foogallery id="11812"]