Ons gaan hierdie jaar aan die Welgemoed Skaaktoernooi deel neem. Indien u kind belangstel om deel te neem, volg die SKAKEL en voltooi die vorm. Deelnemers moet asb hul skoolklere vir die kompetisie aantrek. Inskrywings word direk op Welgemoed se vorm voltooi, julle moet asb. self die vorms voltooi met alle nodige inligting. Ons het ‘n ooreenkoms met Welgemoed aangegaan dat die skool die inskrywingsfooi van R80 per speler sal betaal. Neem asb. kennis dat die inskrywings 21 Januarie sluit. Indien jou seun/dogter ‘n atleet is wat gewoonlik baie goed doen, neem kennis dat die WP Atletiekkampioenskappe ook daardie naweek plaasvind. Moet hom/haar asb. dan nie vir die skaak inskryf nie. Uitnodiging: Welgemoed Chess Challenge 2019