Ons senior koor tree Sondag, 12 April, by die Passion ChoralFest in die Hugo Lambrechts Ouditorium op. Dit is ’n groot voorreg om die verhoog met bekende kore soos die Cape Town Camerata, Tygerberg City Choir, Vivox Voces en die DF Akademie Kamerkoor te deel, en die koor sien daarna uit om by hierdie geleentheid te sing. Die konsert is die afgelope week ook in die TygerBurger geadverteer.
Ons nooi die skoolgemeenskap uit! Dit beloof om ’n besonderse konsert te wees. Sien aangehegde dokumente vir meer inligting rakende kaartjieverkope en konsert detail.
Datum: Sondag, 12 April
Plek: Hugo Lambrechts
Tyd: 16h00
Kaartjies: www.choirfest.co.za
Reëlings vir die Senior Koor:
* Repetisie: Arriveer 13h30. Die repetisie saam met die ander kore begin stiptelik om 14h00.
* Ouers wat nie die konsert bywoon nie, kan die leerders weer 18h00 by Hugo Lambrechts oplaai. Ons sal nader aan die tyd die lokaal identifiseer.
* Kleredrag: Formele Skooldrag (hou WA-groep vir spesifikasies dop)
Kontak gerus vir juf Rolene indien daar enige verdere vrae is.
