Na afloop van die skaakproewe wat op Saterdag, 7 Maart en Sondag 8 Maart, te Somerset-Wes plaasgevind het, het drie van ons vier spelers wat daaraan deelgeneem het, distrikskleure verwerf. Baie geluk aan Alexander Wille, Pieter-Steph Bothma en Daniel Lawson wat gekwalifiseer het vir die WP-proewe wat in Mei plaasvind. Ons is ongelooflik trots op julle en hoe julle JvR op die skaakbord verteenwoordig!