Ons volgende oggendkonsert vind Dinsdagoggend, 10 Maart, in die groot musiekklas plaas. 
 
Die volgende leerders tree op:
 
Anya Greeff – Klavier
Anton Titley – Klavier
Natalie Lawson – Saksofoon
Bella Naylor – Klavier
Nina de Villiers – Klavier
Ella van der Walt – Klavier
Pierre du Toit en Elsie Janse van Rensburg – Klavierduet
Pierre du Toit – Klavier
Eliana Greeff – Klavier
Daniel Oosthuizen – Klavier
 
Hier is enkele algemene reëlings rondom die verrigtinge:
 
* Deelnemende leerders meld stiptelik 07h45 by die groot musiekklas aan met hul instrument. Juf Bea en/of mnr Ben sal daar wees om hulle te ontvang en te help om instrumente te stem. 
* Elke deelnemende leerder bring slegs een maatjie saam om die konsert by die woon. Ons het ongelukkig nie spasie om meer leerders te akkommodeer nie.
* Ouers is welkom om te kom luister – bring gerus koffie saam!
* Gebruik asb die deur by die Nasorg om by die musiekklas te kom. Die senior koor oefen in die saal.
 
Tyd: 08h00 – 08h30
Plek: Groot Musiekklas (Musiekdepartement)