Die Kwartaal 1 Musiekkonserte is om die draai!  Let asseblief op dat die Graad 6 en 7’s se konsertdatums verander het.

Maandag, 23 Maart

* Graad 2: 08h00 – 09h00

* Graad 3: 09h15 – 10h10

* Graad 7: 10h30 – 11h30

* Graad 6: 11h30 – 12h30

Dinsdag, 24 Maart

* Graad 4: 08h00 – 08h30

* Graad 5: 09h00 – 10h00

Vra asb vir juf Rolene òf jou kind se musiekonderwyser indien daar enige vrae rondom jou kind se deelname aan hierdie konserte is. Ons help graag.

Ons nooi alle ouers, familie, en vriende uit om te kom luister en saam met ons die kinders se harde werk en vordering te vier.

Indien daar leerders is wat buite die skool musiekles ontvang en graag wil deelneem, kontak my gerus. Die leerders wat by die skool musiekles neem, kry voorkeur. Ons akkommodeer egter graag enige leerder wat musiekles buite die skool neem, indien die program dit toelaat.