Neem asseblief kennis dat graad 5-7 Engelseklasse vanaf 2026 jaarliks oor ingedeel sal word (net soos ons klasindelingsbeleid vir jaarlikse graadwisseling) om te verseker dat leerders blootstelling aan verskillende onderrigstyle en onderwysers ontvang. Dit beteken dat die huidige graad 5 en 6 Engelseklasse van hierdie jaar (2025) nie noodwendig by dieselfde onderwyser en klasmaats ingedeel sal word nie. Tot op hede het leerders van graad 5 tot 7 jaarliks Engelse onderrig by dieselfde onderwyser ontvang en saam met dieselfde groep maats in die klas gebly.
Verder het ons ook besluit om slegs twee Engels HL (Home Language) en twee Engels FAL (First Additional Language) klasse per graad in te deel.
Engelse onderwysers vir graad 5 tot 7-klasse:
HL (vakhoof): Charlene van Rooyen
HL: Mardry Wright (ook vakhoof van FAL)
FAL: André Lourens
FAL: Sharon Mabena
Hierdie indelings sal net soos die algemene klasindelings tydens die laaste week van hierdie kwartaal bekendgemaak word.