Kersfees is om die draai! Koop kookboeke as geskenke vir oumas, onderwysers, vriende en familie – en laat die skool daarby baat!

Vir elke kookboek wat teen R200 gekoop word, ontvang die skool R50.

Dis die perfekte manier om iets besonders vir Kersfees of verjaardae te gee, terwyl jy terselfdertyd ons skool ondersteun.

Kies uit vier pragtige kookboeke:

  1. Geure deur Lientjie Wessels – eenvoudige resepte met jou gunstelingbestanddele soos asyn, sout en olyfolie. Heerlik en stylvol!

  2. Cake It Till You Make It deur Anmar Wilding – stap-vir-stap riglyne om die perfekte koek te bak, met al die geheime vir goeie bakwerk.

  3. Going Home deur Sophia Lindop – ’n Lebanese kookboek vol bekende Mediterreense disse soos hummus, laban en kofta. Gesond én smaaklik!

  4. The Lockdown Recipe Storytelling Book saamgestel deur Ingrid Jones – ’n nostalgiese versameling resepte vir klassieke gunstelinge soos hertzoggies en sagopoeding.

Sien die volgende skakel vir meer besonderhede oor hoe om te bestel: BESTEL JOU KOOKBOEK