Van ons Jannies het op 22 Augustus aan die distriksrondte van die WOW-spelfees deelgeneem. Hulle het baie goed gevaar. Die top 4 in elke graad gaan deur na die provinsiale rondte wat op 13 September in Wellington plaasvind.
- Graad 1: Joshua du Toit (1ste) en Frannie Samuel (2de)
- Graad 2: Izak Steyn (3de) en Mary-Anne du Toit (4de)
- Graad 3: Charles Thompson (1ste) en Petronella Gouws (2de)
- Graad 4: Mika van der Walt (1ste), Mateo Pereira (2de) en Benjie Ntloko (3de)
- Graad 5: Dirk de Jager (2de), Jacob Venter (3de) en Noah Karusseit (4de)
- Graad 6: Ghia Pereira (1ste) en Ella van der Walt (2de)
Welgedaan, Jannies! Julle maak ons trots.