Beste JvR-ouers,
Koöpteer van beheerraadslede
Ek glo dat dit goed met julle en jul kinders gaan en dat julle die skool geniet.
Daar is van ons beheerraadslede wie se termyn in die komende maande tot ‘n einde kom. Daar is vele strategiese kwessies op die horison, insluitend ingrypende wysigings tot die skolewet. Ter selfde tyd moet ons vir Naas en sy span die nodige ruimte skep om voort te gaan met die uitstekende werk wat hulle doen en ons unieke skoolomgewing met sy wees jouself-manier van doen te handhaaf en verder uit te bou. Dit midde die toenemende finansiële voetwerk wat nodig is om in ‘n openbare skool die boeke te laat klop.
Ek doen ‘n beroep op minstens twee van ons ouers wat volgende jaar kinders in graad R, 1, 2 of 3 het wat belangstel en bereid is om betrokke te raak. Kontak my (mscholtz@genfin.co.za). Ons het spesifiek ‘n behoefte aan finansiële kundigheid en breër bestuursvaardighede.
Dit is nodig om ouers wat kinders het wat minstens nog 5 jaar by ons op skool is tot die beheerraad te verkies, sodat hulle twee termyne kan dien en so die nodige kontinuïteit kan verskaf.
Stuur asseblief ook aan ander ouers wat julle voel kan help.
Groetnis,
Merwe
082 783 8795