Marinda Brink – 27 Julie 2025

Ek lees ‘n eeu oue verhaal

van lewenswel en -weë, soos Laurika sing

waar Japie Louw en Trudie de Waal

Afrikaans as Moedertaal spoke jaag

om ons taal amptelik te bewaar.

 

En waarheen al die woorde is,

sal net Jannies kan verklaar.

Afrikaans, ons taal – groei en vernuwe

om nog ‘n 100 jaar amptelik te bly staan.

 

Japie, ons is jou dankbaar wat voet-by-stuk

gehou het dat ‘n Jan van Riebeeck-kultuur

fier en vors trots kan staan om liefde vir ons mooie

taal met die ander elf Tale te deel.

 

LS JvR jou waardes geëets teen Tafelberg, Leeukop en Seinheuwel

Respek

Eerlikheid

Verantwoordelikheid

Omgee

Lig omhoog jou heilsaamheid

om kinders in wêreldburgers te omskep.

 

Voorwaarts vir Afrikaans –

ons mooie taal vir nog eeue om te vier.