
Ons is opgewonde om aan te kondig dat die Jantrap Fietsry Klub amptelik afskop met ons eerste fietsrydag op Vrydag, 27 September om 09:00! Hierdie is die perfekte geleentheid vir almal – van beginners tot ervare fietsryers – om saam te kom, nuwe mense te ontmoet en die buitelewe te geniet.
Wil jy deel wees van die avontuur? Sluit aan by ons WhatsApp-groepie vir meer inligting, roetes en opdaterings.
Kliek hier om aan te sluit: Jantrap WhatsApp-Groep
Maak seker jou fiets is reg, en trap saam met ons ‘n nuwe seisoen in beweging!