
Dit is vir ons ’n voorreg om ’n nuwe personeellid, Me. Sue-Ann Bouw, aan u voor te stel en by ons skool te verwelkom. Sue-Ann het op 7 April by ons aangesluit in die rol van Skoolondersteuningsassistent, waar sy hoofsaaklik in Jan Kas werksaam is.
Sy is oorspronklik van Knysna en het in 2021 Kaap toe getrek. Sedertdien het sy by Takealot in verskeie poste gewerk – van aanlynmode tot in die kliëntediensafdeling.
Sue-Ann bring sterk administratiewe en organisatoriese vaardighede na ons skool se administratiewe span. Ouers/voogde en leerders sal haar vriendelike gesig in Jan Kas en in die administrasieblok sien.
Baie welkom, Sue-Ann! Ons vertrou dat jy baie gelukkig by ons gaan wees.