Dis weer tyd vir die Jannies om te kook in die Kaperjolle braaikompetisie! Ons tema hierdie jaar is Lekker Jannies Vol Resepte of kom ons noem dit eerder – kom eet by Liplek Jan van Restaurant

Die tema is dan toonaangewend vir die reëls:

·         gebruik ten minste 2 bestanddele / disse wat begin met die letters LJVR;

·         die idee is nie om beperkend te wees nie, maar kreatief met woordspel en kos;

·         jy moet ten minste ‘n gedeelte van jou gereg oor die kole gaarmaak;

·         jou kos moet proehappie grootte wees, sodat almal van alles kan proe

Om jul so ‘n hupstoot te gee en daai kreatiewe sappe te laat vloei, dink ons aan kos soos; lamskoftas, jasmynrys, jambalaya, Javaanse kerrie, vetkoek, vlapampoen, vlakvark, ribbetjies en roorsterkoek… of as jy nou regtig nie weet nie dan sommer Jannie-se-burgerrol!

Skryf asseblief teen Vrydag, 4 April 2025, in deur by hierdie WhatsApp groepie aan te sluit, waar verdere reëlings kommunikeer sal word.