Liewe Ouers,
Baie dankie dat julle vir ons jaarlikse Ouer-Kind Sportdag ingeskryf het!
Neem asseblief kennis dat die dag om 08:30 sal begin en rondom 12:00 sal eindig. Daar sal ‘n snoepie beskikbaar wees, asook boereworsrolle en pannekoeke te koop wees. Ons nooi julle uit om ons plaaslike verskaffers te ondersteun.
Ons het ons bes gedoen om alle spanne soveel as moontlik speeltyd te gee, en ons vra vriendelik dat alle spanne teen 08:30 teenwoordig sal wees, sodat ons die program kan volg wat môreoggend aangekondig sal word.
Trek asseblief gemaklik aan en let daarop dat daar geen toks toegelaat word nie.
Alle nodige toerusting sal voorsien word.
Ons sien uit daarna om almal te huisves en ‘n wonderlike dag saam te geniet!
Sien almal môre!
Groete,
Rashard