Sien asseblief die reëlings vir beide ons kore se optredes by die Tamboerskloof Gemeente Kerssangdiens en LJvR Kerskonsert.

Vrydag, 22 November: Repetisie by Tamboerskloof Gemeente

  • Die Senior Koor gaan 12h gereed maak om na Tamboerskloof Gemeente te stap. Ons sal genoeg personeel hê om die kinders te vergesel.
  • Daar sal bussies wees wat die Junior Koor na die kerk sal neem, sodat hulle nie hoef te stap nie.
  • LET WEL die oefening maak reeds 13h45 klaar. Julle kan die kinders by Tamboerskloof Gemeente optel.

Sondag, 24 November: Tamboerskloof Gemeente Kersdiens

  • Alle koorlede arriveer stiptelik om 18h30 by Tamboerskloof Gemeente.
  • Kleredrag:
    • Dogters: Wit rok / rompie / broek / hemp OF lang, blou denim en wit hemp. Wit tekkies of netjiese sandale. Dogters kan hul hare los dra.
    • Seuns: Lang, blou denim en wit hemp. Wit tekkies of netjiese sandale.

Donderdag, 28 November: LJvR Kerskonsert

Plek: LJvR Skoolsaal

Tyd:

  • Senior Koor meld stiptelik om 18h15 in die Nasorg aan.
  • Junior Koor meld stiptelik om 18h30 in Juf Helene se klas aan.
    Die konsert begin 19h00

Kleredrag:

  • Dogters: wit rok / romp / broek / hemp OF lang, blou denim en wit hemp. Wit tekkies of netjiese sandale. Dogters kan hul hare los dra.
  • Seuns: Lang, blou denim en wit hemp. Wit tekkies of netjies sandale.

Ons wil graag die kinders aanmoedig om EEN van die volgende bykomstighede vir hierdie geleentheid te dra. Hoe blinker, hoe beter!

  • Kersfees alicebands (sien Koor whatsapp-groep vir voorbeelde). Hou dit asb klein, sodat dit nie te hoog op jou kind se kop staan nie – ons wil graag die gesiggies agter ook kan sien.
  • Kersvader mussie (sien Koor whatsapp-groep vir voorbeelde)
  • Rooi, groen, goud, silwer strikdas.

Stuur asb hierdie item Maandag, 25 Nov, skool toe sodat ons dit reeds gedurende die oefening kan gebruik.

Baie dankie! Moet asseblief nie huiwer om my te kontak indien daar enige vrae is nie.

Groete,
Juf. Rolene