Eerstens, wil ek graag alle koor-ouers bedank vir jul ondersteuning gedurendende ‘n baie bedrywige Oktober. Ons waardeer die moeite wat julle gedoen het om jul kinders betyds by elke optrede te besorg, en die bydrae wat jul hierdeur gelewer het tot die groei van ‘n positiewe en opwindende koorkultuur by Laerskool Jan van Riebeeeck.

Die Junior en Senior kore is reeds besig om voor te berei vir hul volgende reeks konserte wat in November plaasvind. Ons sien regtig baie uit na beide hierdie spesiale konserte!

1. OEFENING: NG Kerk Tamboerskloof Kerssangdiens

Datum: Vrydag, 22 November
Tyd: 12h15-14h15
Plek: NG Kerk Tamboerskloof

Ouers kan leerders 14h15, na afloop van die oefening, by NG Kerk Tamboerskloof kom optel.

2. NG Kerk Tamboerskloof Kerssangdiens

Datums: Sondag, 24 November
Tyd: 19h00
Plek: NG Kerk Tamboerskloof
Kleredrag: Netjiese wit hemp / Blou denim langbroek (geen kortbroeke) / Wit rokkie vir dogters / Wit tekkies OF plakkies

3. Laerskool Jan van Riebeeck Kerskonsert

Datum: Donderdag, 28 November
Tyd: 19h00
Plek: LJvR Skoolsaal
Kleredrag: Netjies wit hemp / Blou denim langbroek (geen kortbroeke) / Wit rokkie vir dogters / Wit tekkies OF plakkies
Kaartjies: R50 pp op Karri. Ons sal laat weet sodra Karri oop is.

Teken asseblief hierdie datums aan. Ek vra ook dat ouers my persoonlik in kennis stel indien jou kind nie ‘n optrede van bywoon nie.

Vra gerus indien daar enige onduidelikheid is. Ek sal nader aan die tyd verdere besonderhede gee.

Groete,

Rolene
rolene@jvrprim.co.za