Op Woensdag, 17 Julie, het die Jannies Bellville toe gery om teen Laerskool Kenridge te speel. Hierdie wedstryd, wat lyk of dit ‘n jaarlikse instelling gaan raak, is ‘n goeie maatstaaf vir ons rugby en hoe dit ontwikkel. Alhoewel die tellings nie gister aan ons kant was nie, het ons beslis gewys dat Jannies veggees in moeilike omstandighede het.

Ons volgende wedstryde is teen LS Primêr (24/06, Tuis) en Curro Langebaan (27/06, Weg).

Rugby vir die kwartaal is nou amptelik in volle swang!