Woensdag, 17 Julie 2024

Beste Ouers/Voogde,

Ek deel graag meer detail met julle rakende ons junior koor se optrede by die Tafelberg Koorfees eerskomende Maandagaand (22 Julie).

Plek: Hoërskool Jan van Riebeeck skoolsaal (dit vind niè meer by die Groote Kerk plaas nie)

Tyd: Alle leerders moet asseblief teen 17h00 by HSJvR wees.

Daar sal hoërskoolleerders wees om ons kinders na die opwarmingslokaal te neem.

Die vertoning begin 18h30, en daar sal vanaf 17h00 reeds lekker pannekoek en sop in die Rooiplein te koop wees.

Indien daar ouers is wie nie die vertoning bywoon nie, kan jy jou kind na afloop van die konsert, 19h30, in die opwarmingslokaal optel.

Kleredrag: DOGTERS en SEUNS

  • Lang- of kortmou wit en donkerblou hemp
  • Sweetpak (top en broek)
  • Wit sokkies en tekkies

Onthou asseblief om julle kaartjies vir die vertoning op Quicket te koop.

Laat weet gerus indien daar enige vrae is. Ons sien baie uit na die Koorfees, en kan nie wag om ons nuwe musiek met almal te deel nie!

Vriendelike groete,

Rolene van Zyl

rolene@jvrprim.co.za