Hier is nog ’n fantastiese kultuurgeleentheid vir ons leerders om na uit te sien! Hoērskool Jan van Riebeeck bied in Kwartaal 3 ’n Kunstefees aan, wat tussen 22-26 Julie op hul skoolgronde plaasvind. Ons gaan sommer lekker baie Jannies inskryf sodra almal weer terug is by die skool na die vakansie. Ons heg solank die inligtingstuk rakende die Kunstefees hier aan.

Intussen hoop ons dat die musiekinstrumente nie té veel stof opgaar gedurende die vakansie nie, want ons spring in Julie flink met ’n propvol kultuurkwartaal weg! Ons leerders neem aan die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod deel in Augustus, die Unisa-musiekeksamens is aan die beurt, én ons eie skoolkonsert is in September op die planke. Ons Junior- en Senior koor tree ook by die Tafelberg Koorfees, wat die 22ste Julie by die Grootte Kerk plaasvind, op.

Maak gerus kontak met juf Rolene indien daar enige vrae is.
071 877 6720 | rolene@jvrprim.co.za