Drie van ons graad 7-leerders is in die top 100 van die Horizon-Wiskundekompetisie. Die leerders is: Cara Swanepoel, Owen Wiese en Luja Marx. Hulle is uitgenooi na die top 100 prysuitdeling wat Donderdag, 9 Mei, plaasvind. Hier sal elke leerder uitvind waar hulle geëindig het.

Die prestasie is merkwaardig omdat daar meer as 21 000 leerders aan die kompetisie deelgeneem het. Ons is baie trots op die leerders!