Volgende kwartaal is daar weer ‘n geleentheid vir ouers/voogde om leerders se onderwyser(s) te kom sien. Om ‘n afspraak te maak, kliek HIER of op die foto hier onder om die vorm in te vul. Volg asb. hierdie stappe wanneer jy die vorm invul:

  1. Kies die fase waarin jou kind is.
  2. Kies die onderwyser met wie jy ‘n afspraak wil maak en kliek “Next”.
  3. Kies slegs een tyd. Indien daar geen tye oor is nie, beteken dit al die tye is reeds bespreek. In dié geval, kies “No more options” sodat die onderwyser weet om jou te kontak indien daar ‘n kansellasie is.
  4. Kliek “Submit”. Die tyd wat jy gekies het, is jou afspraak – dit is nie voorlopig nie.
  5. Jy sal ‘n bevestiging per e-pos met die tyd wat jy gekies het, ontvang. Indien nie, gaan kyk gerus in jou “Spam”.
  6. Indien jy meer as een onderwyser wil sien, kliek op “Submit another response”.
  7. Indien jy die tyd wil verander, gaan in by die bevestiging e-pos en kies “Edit response” of vul weer die vorm in en stel Suzaan Burger per e-pos in kennis (suzaan@jvrprim.co.za).
  8. Vir enige vrae, stuur ‘n e-pos aan Suzaan of kontak die betrokke registeronderwyser.