Hierdie week het ons twee o/11-spanne gehad wat wedstryde gespeel het en ons is baie opgewonde om te sien dat ons getalle vir krieket so mooi groei!

Die o/11 A-span het teen SASC (5) se span op die Conradieveld gespeel en met 9 paaltjies gewen. Die kaptein van die wedstryd was Ruben Eksteen. Hy het al vroeg in die dag begin planne maak vir sy span deur die weer dop te hou en strategieë te beplan.

Ons o/11 B-span het teen Herzlia Highlands op hulle velde gespeel. Herzlia het 100 lopies aangeteken en ons teken 106 lopies aan en wen die dag met 6 lopies. Ouers kon weer die wedstryde bywoon en dit was lekker om hulle ook langs die veld te hê. Baie dankie aan Juffrou Ischké Felix en Juf. Sharon Mabena wat saam met die afrigters die spanne vergesel het.