Ons skop die jaar af met twee musiekkonserte deur die Gr.1-3-leerders. Vir die jonger leerders sal dit dalk die heel eerste keer op ‘n verhoog wees en maak dit ‘n baie spesiale geleentheid (al is dit net dalk 3 nootjies!). Ouers is welkom om die geleentheid by te woon.
Teken solank die datum aan:
Dinsdag, 22 Maart (net na die langnaweek)
Gr.1 en 2 – 08:30
Gr.3 – 10:30