Kom geniet ‘n prettige Jeugdag saam met jou Jannie-maats! Trek kleurvolle sivvies aan en doen iets GEK met jou hare!

Koste: R5, betaalbaar op die Karri-toep vanaf Maandag, 7 Junie.

Daar sal ook pouse lekkernye te koop wees en musiek om te geniet! Geld word ingesamel ten bate van die graad 7-fonds.