Lara Pieterse in graad 7 is gekies om te dans in die balletopvoering, Coppelia, wat van 15 tot 17 April in die Artscape Operahuis op die planke sal wees.

Ongelukkig is alle kaartjies reeds uitverkoop, maar opnames sal wel na afloop van die opvoerings op DVD sowel as die internet beskikbaar wees. Navrae oor die opnames kan gerig word aan kvtpieterse@telkomsa.net.