Hopelik is al die Jannies al fluks besig om hul Wow-spelwoorde te leer. Dit is baie voordelig vir hul spel- en woordeskatontwikkeling. Verlede jaar het ons die beste speller landswyd (graad 3) opgelewer. Die interne skoolkompetisie vind die eerste Vrydag van volgende kwartaal plaas. Al die Jannies sal ‘n toets skryf oor die eerste helfte van die spelwoorde. Die Top 5 leerders in elke graad sal ons skool verteenwoordig by die kringkompetisie. Die spellyste is op die skool se webtuiste https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/akademie-blad/ of gaan kyk by www.woordfees.co.za.

Kontak Lucia de Jager (lucia@jvrprim.co.za) met enige navrae.