Vreeslik baie dankie aan al die Jannies wat eco-bricks gemaak het – ons het altesaam 380 gemaak!
Dit word na Greenpop Nursery geneem vanwaar die”bricks” versprei word na verskillende projekte.
Baie dankie aan Juffrou Baird wat vir die Gr 6 en 7 leerders eco-bricks as NWT projek gegee het – dit het verseker dat die seniors almal deelneem (gewoonlik is die juniors die uitblinkers).
Die Gr 6 en 7 eco-bricks was definitief swaarder en duidelik stampvol geprop – goed gedoen julle!!
Die wenklas is Gr 5 S. Hulle het slegs 17 leerders in hul klas, maar het 33 eco-bricks gebring! Baie geluk aan Juffrou Stofberg se klas – hulle kan almal Woensdag 2 Mei, gratis sivvies dra en sal ook elk ‘n prys ontvang.
Ons wil ook net die wenklasse in elke graad noem:
Graad 1 O met 27, Graad 2 J met 16, Graad 3 S met 16, Graad 4 S met 23, Graad 5 S met 33, Graad 6 B met 30, Graad 7 vR met 24.