Ons is baie trots om aan te kondig dat ons skool aan die einde van kwartaal 1 ‘n toekenning van die WKOD vir Uitnemendheid in Akademiese prestasie in Taal vir grade 3 en 6 ontvang het. Hierdie prestasie is behaal na aanleiding van die 2017 sistemiese uitslae. Ons poog om hierdie jaar nog beter te presteer.