Die tweekampseisoen het einde Maart geeïndig. Dit was ‘n uiters suksesvolle seisoen en ons atlete het uitstekend presteer. Jan van Riebeeck het geskiedenis gemaak deur vir die eerste keer 10 atlete te hê wat gekwalifiseer het om aan die Interprovinsiale-byeenkoms deel te neem. Ons het ook vir die eerste in die top 3 skole geeïndig en gekwalifiseer om as skool te kon deelneem aan die Interprovinsiale-byeenkoms. Hier het ons altelete uitstekend presteer en Jan van Riebeeck het algeheel 3de in die kompetisie geeïndig. Ons het skole soos Durbanville, Paarl Gimnasium en Curro ore aangesit. Sophia Liebenberg is ook gekies in die WP-span wat aan die SA’s deelgeneem het. ‘n Uitstekende prestasie en sy het baie goed gevaar.

Kom ons kyk hoe het ons atlete se tye tydens die seisoen verbeter het :
Van ons atlete het hul hardlooptye verbeter met meer as 20 sekondes en dieselfde vir die swem.
Dit was ‘n uitstekende seisoen. Die nuwe seisoen begin einde Augustus. Indien jy meer wil weet oor tweekamp, kan jy vir mnr. Hanekom e-pos by: leon@jvrprim.co.za.
‘n Spesiale woord van dank gaan aan elke ouer wat tydens die jaar ondersteun het en ‘n bydrae gelewer het.
Ons wil ook vir mnr. Hanekom bedank vir al die naweke wat hy opgeoffer het en die uitstekende afrigting.

  Hardloop Begin Hardloop Einde Swem Begin Swem Einde  
Sophia Liebenberg 3.36.38 3.16.77 53.84 51.08  
Albert Griesel 3.16.87 3.00.64 1.25.31 1.12.49  
Stef Mostert 4.22.96 4.05.60 1.11.35 1.06.89  
Henry Potgieter 4.27.47 4.21.67 1.30.11 1.28.88  
Mila Nicolella 3.57.28 3.46.28 153.78 151.8  
Isabella van der Walt 4.11.67 3.52.23 1.44.50 1.33.78  
Alexander Benecke 3.05.08 2.52.58 43.89 39.79  
Stefan Griesel 3.21.24 3.06.28 1.09.56 50.39  
Lourens van der Walt 3.11.83 2.56.21 40.09 38.88