Gerhard Joubert (graad 11) neem hierdie week deel aan die Hennie Joubert-klavierkompetisie en Internasionale Klaviersimposium wat 12 – 18 Maart in Stellenbosch aangebied word.
Beide hierdie geleenthede word slegs elke twee jaar tegelykertyd aangebied en is van die toonaangewendste gebeurtenisse in die Suid-Afrikaanse klassieke musieklewe.
Hy is een van net nege leerders wat gekies is om aan die kompetisie deel te neem en het deurgedring na die finaal wat Vrydagaand plaasvind.

Hoërskool Jan van Riebeeck is goed verteenwoordig by hierdie jaar se Cape Town Cycle Challenge wat op 11 Maart gehou is. Onderstaande leerders en onderwyser het almal die wedren voltooi. Die name wat donkerder vertoon is almal oud-Laerskool JvR-leerders.

Voor: Sebastian du Bois (graad 11), Armand Visagie (graad 10), Daniël Grobbelaar (graad 8), Kristi Lategan (graad 11) en Jos de Wet (graad 11).
Agter: Mnr Charl Neethling (met ‘n tyd van 03:05), De Wet Marais (graad 10) en Francois Joubert (graad 9).