Bring asb kos vir ons Khayelitsha-projek!
Ons stuur weer hierdie week ‘n besending blikkies en pakkieskos na ons projek in Khayelitsha.
Laerskool Jan van Riebeeck is nou al meer as twee jaar betrokke by ‘n projek wat 28 jong kinders ondersteun wat in erge nood lewe.
Verlede jaar het ons met die hulp van ‘n JvR-ouer ‘n huiswerksentrum gebou, en twee tutors help die kinders elke week met hul skoolwerk. Elke tweede week stuur ons kos na die projek – jou skenking van enige kos (veral rys, kookolie, blikkies vis en mieliemeel) sal ‘n reuse verskil maak.
Bring asb Vrydag kos skool toe. Baie dankie!